Kiemlaag

’n Kiemlaag is ’n primêre laag selle wat vorm tydens embrio-ontwikkeling.[1] Die drie kiemlae in gewerweldes is besonder goed ontwikkel, maar alle lede van Eumetazoa (diere meer ingewikkeld as sponsdiertjies) vervaardig een of twee kiemlae. Diere met radiale simmetrie soos Cnidaria, het twee lae (die ektoderm en endoderm), en dit maak hulle diploblasties. Diere met bilaterale simmetrie het ’n derde laag (die mesoderm) tussenin, en daarom is hulle triploblasties. Uit die kiemlae ontstaan eindelik al die dier se weefsel en organe deur middel van ’n proses ganaamd organogenese.

  1. Gilbert, Scott F (2003). "The Epidermis and the Origin of Cutaneous Structures". Developmental Biology. Sinauer Associates.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search